Helmut Kohl

Helmut Kohl
Helmut Kohl
Helmut Kohl in 1989

Bondskanselier van Duitsland
(Wes-Duitsland tot 1990)
Ampstermyn
1 Oktober 1982 – 27 Oktober 1998
Vise Hans-Dietrich Genscher
Jürgen Möllemann
Klaus Kinkel
President Karl Carstens
Richard von Weizsäcker
Roman Herzog
Voorafgegaan deur Helmut Schmidt
Opgevolg deur Gerhard Schröder

Ministerpresident van Rynland-Palts
Ampstermyn
19 Mei 1969 – 2 Desember 1976
Voorafgegaan deur Peter Altmeier
Opgevolg deur Bernhard Vogel

Persoonlike besonderhede
Gebore Helmut Josef Michael Kohl
(1930-04-03)3 April 1930
Ludwigshafen am Rhein, Duitsland
Sterf 16 Junie 2017 (op 87)
Ludwigshafen am Rhein, Duitsland
Politieke party Christelik-Demokratiese Unie
Eggenoot/-note Hannelore Renner (1960–2001; haar dood)
Maike Richter (2008–2017; sy dood)
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van Heidelberg
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening
Toekennings Karelsprys

Helmut Josef Michael Kohl (Duits: [ˈhɛlmuːt ˈjoːzɛf 'mɪçaʔeːl ˈkoːl]; Ludwigshafen am Rhein, 3 April 1930 – aldaar, 16 Junie 2017[1]) was 'n Duitse konserwatiewe politikus en staatsman. Hy was bondskanselier van Duitsland van 1982 tot 1998 (tot 1990 net van Wes-Duitsland en van 1990 tot 1998 van die herenigde Duitsland). Hy het van 1973 tot 1998 as voorsitter van die Christlich Demokratische Union Deutschlands (Christelik-Demokratiese Unie van Duitsland, CDU) gedien.

Sy ampsperiode van 16 jaar is die langste van alle kanseliers sedert Otto von Bismarck en het die einde van die Koue Oorlog ingesluit. Kohl word as die argitek van die Duitse hereniging beskou asook saam met die Franse president François Mitterrand 'n sleutelfiguur in die daarstelling van die Verdrag van Maastricht waarvolgens die Europese Unie opgerig is. Kohl en Mitterrand het daarvoor in 1988 saam die Internasionale Karelsprys van Aken ontvang.

Kohl is op 16 Junie 2017 oorlede.

  1. http://www.nu.nl/buitenland/4774044/duitse-oud-bondskanselier-helmut-kohl-87-overleden.html

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search